Afrikaans 1983

Psalms 95:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Kom, laat ons jubel tot eer van die Here,laat ons juig oor die rots by wie ons redding vind,

2. laat ons na Hom toe gaan met lof,laat ons Hom toejuig met lofsange,

3. want die Here is die magtige God,die groot koning oor al die gode.

4. Die dieptes van die aarde behoort aan Hom,die kruine van die berge is Syne.

5. Die see is Syne, Hy het dit gemaak;sy hande het die land gevorm.