Afrikaans 1983

Psalms 94:6-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. hulle vermoor weduwees en vreemdelinge,hulle maak weeskinders dood

7. en dink die Here sien dit nie,die God van Jakob merk dit nie.

8. Gebruik tog julle verstand, julle wat so dom optree onder die volk.Julle dwase, wanneer wil julle dan verstandig word?

9. Sou Hy wat vir ons ore gemaak het, self nie kan hoor nie?Sou Hy wat vir ons oë gemaak het, nie kan sien nie?

10. Sou Hy wat die nasies opvoed, nie ook straf nie?Sou Hy wat die mensdom onderrig, self niks weet nie?

11. Die Here ken die gedagtes van die mens,Hy weet dit beteken niks.

12. Dit gaan goed met die menswat deur U opgevoed word, Here,vir wie U onderrig in u woord