Afrikaans 1983

Psalms 94:16-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. Wie staan by my teen dié wat my leed aandoen?Wie help my teen mense wat my veronreg?

17. As die Here my nie gehelp het nie,was die stilte van die graf seker al my tuiste!

18. Toe ek gedink het my voete gly,het u troue liefde my regop gehou, Here.

19. Toe ek met baie onrus in my binneste sit,het u vertroosting my tot rus gebring.

20. U duld geen korrupsie in die regspraak nie,geen mens wat, teen u gebod in, ellende veroorsaak nie.

21. Hulle span saam teen die regverdige,hulle veroordeel onskuldige mense tot die dood.

22. Maar vir my is die Here 'n veilige vesting,my God is die rots waar ek kan skuil.

23. Hy sal hulle laat boet vir hulle dade,Hy sal hulle verdelg oor hulle boosheid.Die Here ons God sal hulle verdelg.