Afrikaans 1983

Psalms 94:11-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Die Here ken die gedagtes van die mens,Hy weet dit beteken niks.

12. Dit gaan goed met die menswat deur U opgevoed word, Here,vir wie U onderrig in u woord

13. en vir wie U rus gee na tye van teëspoed.Maar vir die goddelose word die graf reeds gegrawe.

14. Die Here verstoot nie sy volk nie,die volk wat aan Hom behoort, laat Hy nie in die steek nie.

15. Die regspraak sal weer regverdig wees,alle opregtes sal hulle daaraan kan hou.

16. Wie staan by my teen dié wat my leed aandoen?Wie help my teen mense wat my veronreg?

17. As die Here my nie gehelp het nie,was die stilte van die graf seker al my tuiste!