Afrikaans 1983

Psalms 94:1-7 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Here, God wat onreg straf,U wat onreg straf, verskyn tog!

2. Kom, Regter van die aarde,reken af met die mense wat hulle teen U verhef.

3. Hoe lank, Here,hoe lank sal die goddeloses hulle nog verlustigin die leed van ander mense?

4. Hulle kook oor van vermetelheid;almal wat onreg doen, spog daarmee.

5. Hulle vertrap u volk, Here,hulle verdruk die volk wat aan U behoort;

6. hulle vermoor weduwees en vreemdelinge,hulle maak weeskinders dood

7. en dink die Here sien dit nie,die God van Jakob merk dit nie.