Afrikaans 1983

Psalms 92:6-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

6. Groots is alles wat U doen, Here,ondeurgrondelik u gedagtes.

7. Wie dit nie besef nie, is 'n dom mens,wie dit nie insien nie, is sonder verstand.

8. Al is die goddelose voorspoedig,al floreer almal wat onreg doen,hulle sal vir goed uitgewis word.

9. U regeer vir ewig, Here,

10. en dit staan vas:u vyande sal uitgedelg word, Here,almal wat onreg doen, sal vernietig word.

11. Maar vir my gee U krag soos dié van 'n buffel,U laat my 'n oorwinningsfees vier.

12. Ek kyk op my teëstanders neer,ek luister sonder vrees na die mensewat niks ontsien nie,wat in opstand teen my is.

13. Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome,soos hoë seders op die Libanon.

14. Hulle vind hulle krag in die huis van die Hereen groei op in die tempel van ons God.

15. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag.Hulle sal fris en lewenskragtig wees.