Afrikaans 1983

Psalms 92:11-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Maar vir my gee U krag soos dié van 'n buffel,U laat my 'n oorwinningsfees vier.

12. Ek kyk op my teëstanders neer,ek luister sonder vrees na die mensewat niks ontsien nie,wat in opstand teen my is.

13. Die regverdiges sal sterk wees soos palmbome,soos hoë seders op die Libanon.

14. Hulle vind hulle krag in die huis van die Hereen groei op in die tempel van ons God.

15. Selfs in hulle ouderdom sal hulle nog toeneem in krag.Hulle sal fris en lewenskragtig wees.

16. So sal blyk dat die Here regverdig is,dat daar by Hom geen onreg is nie.Hy is my rots.