Afrikaans 1983

Psalms 92:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Psalm. 'n Lied vir die sabbatdag.

2. Dit is goed om die Here te loof,om u Naam te besing, Allerhoogste,

3. om elke môre van u liefde te getuig,en elke aand van u trou,

4. om dit te doen met snaarinstrumente,met harp en lier.

5. U groot dade, Here, het my baie bly gemaak,ek wil juig oor wat U gedoen het.

6. Groots is alles wat U doen, Here,ondeurgrondelik u gedagtes.

7. Wie dit nie besef nie, is 'n dom mens,wie dit nie insien nie, is sonder verstand.

8. Al is die goddelose voorspoedig,al floreer almal wat onreg doen,hulle sal vir goed uitgewis word.

9. U regeer vir ewig, Here,

10. en dit staan vas:u vyande sal uitgedelg word, Here,almal wat onreg doen, sal vernietig word.

11. Maar vir my gee U krag soos dié van 'n buffel,U laat my 'n oorwinningsfees vier.

12. Ek kyk op my teëstanders neer,ek luister sonder vrees na die mensewat niks ontsien nie,wat in opstand teen my is.