Afrikaans 1983

Psalms 91:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Hy wat by die Allerhoogste skuiling vinden die beskerming van die Almagtige geniet,

2. hy sê vir die Here:“U is my toevlug en my veilige vesting,my God op wie ek vertrou.”

3. Dit is Hy wat jou uit die voëlvanger se wip houen jou bewaar van dodelike siekte.

4. Hy beskut jou onder sy vleuelsen is vir jou 'n veilige skuilplek.Sy trou beskerm jou aan alle kante.

5. Jy hoef nie bang te wees vir gevaar in die nagof vir aanvalle oordag,

6. vir pes wat in die donker toeslaanof vir siekte wat helder oordag verwoesting saai nie.

7. Al val daar duisende langs jou,tienduisende by jou,vir jou sal niks tref nie.

8. Met jou eie oë sal jy sienhoe die goddelose gestraf word.

9. Omdat jy die Here as skuilplek geneem het,die Allerhoogste as jou beskermer,

10. sal geen onheil jou trefen geen plaag naby jou woonplek kom nie.

11. Hy sal sy engele opdrag geeom jou te beskerm waar jy ook al gaan.