Afrikaans 1983

Psalms 90:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Gebed van Moses, die man van God.Here, U was vir ons 'n toevlugvan geslag tot geslag.

2. Voordat die berge gebore is,voordat U die wêreld voortgebring het,ja, van ewigheid tot ewigheid is U God!

3. U laat die mens sterwe:U sê net: “Word weer stof!”

4. Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is,soos een enkele wagbeurt in die nag.

5. U maak 'n einde aan 'n mens,hy gaan die doodslaap in.Hy is soos gras wat in die môre afgesny word:

6. in die môre is dit nog groen, maar dit word afgesnyen teen die aand is dit verlep en dit verdroog.

7. Ons vergaan onder u toorn,ons gaan te gronde onder u gramskap.

8. U sien ons oortredinge raak,U bring die sondes wat ons wou wegsteek, aan die lig.

9. Onder u toorn vlieg ons daeen skiet ons jare verby soos 'n gedagte.