Afrikaans 1983

Psalms 9:7-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

7. Dit is klaar met die vyand,daar bly net puinhope oor.U het hulle stede verwoes,niemand dink eers meer aan hulle nie.

8. Die Here is altyd op sy troon;op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak.

9. Hy lewer 'n regverdige uitspraak oor alle mense,Hy vel 'n billike vonnis oor die nasies.

10. Vir die mens wat in gevaar verkeer,is die Here 'n toevlug,'n skuilplek in tye van nood.

11. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U,want U, Here,laat dié wat vra na u wil, nie in die steek nie.

12. Sing tot eer van die Here wat op Sion woon,vertel die volke van sy dade!

13. Hy dink aan die onskuldigesen wreek hulle dood,Hy verontagsaam nie die geroepvan dié wat in nood verkeer nie.

14. Wees my genadig, Here,aanskou die ellende wat my haters my aangedoen het,U wat my terugruk uit die poorte van die dood.

15. Dan kan ek van al u roemryke dade vertel,in die poorte van Sion kan ek juigoor die uitkoms wat U gegee het.

16. Die nasies het in die gat gevalwat hulle gegrawe het,hulle voete is vasgevang in die netwat hulle gespan het.

17. So het die Here Hom bekend gemaak,Hy het reg laat geskied,en die skuldige is deur sy eie handewerk gevang. Higgajon Sela

18. Die doderyk is die bestemming van die skuldiges,van al die nasies wat aan God nie dink nie.

19. Waarlik, die behoeftiges word nie vir altyd vergeet nie,nie vir ewig sal die verwagting van dié wat in nood is, vrugteloos wees nie.