Afrikaans 1983

Psalms 9:15-21 Afrikaans 1983 (AFR83)

15. Dan kan ek van al u roemryke dade vertel,in die poorte van Sion kan ek juigoor die uitkoms wat U gegee het.

16. Die nasies het in die gat gevalwat hulle gegrawe het,hulle voete is vasgevang in die netwat hulle gespan het.

17. So het die Here Hom bekend gemaak,Hy het reg laat geskied,en die skuldige is deur sy eie handewerk gevang. Higgajon Sela

18. Die doderyk is die bestemming van die skuldiges,van al die nasies wat aan God nie dink nie.

19. Waarlik, die behoeftiges word nie vir altyd vergeet nie,nie vir ewig sal die verwagting van dié wat in nood is, vrugteloos wees nie.

20. Gryp tog in, Here,sodat die mens hom nie verhef nie.Laat die nasies voor U teregstaan.

21. Vervul hulle so met vrees, Here,dat hulle erken dat hulle net mense is. Sela