Afrikaans 1983

Psalms 89:8-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering 'n heilige ontsag.Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom.

9. Here, almagtige God, wie is soos U?U krag is groot, Here, u trou is oral!

10. U heers oor die onstuimige see:as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar.

11. U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan.Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag.

12. Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde,die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak.

13. Die noorde en die suide, U het dit geskep;Tabor en Hermonberg roem u Naam.

14. U het 'n magtige arm,sterk is u hand, kragtig u regterhand.

15. U troon is gebou op geregtigheid en reg,liefde en trou staan in u diens.

16. Dit gaan goed met die volkwat kan jubel tot u eer,wat in u lig lewe, Here.

17. Hulle besing u Naam die hele dag,hulle prys u reddingsdade;