Afrikaans 1983

Psalms 89:41-52 Afrikaans 1983 (AFR83)

41. U het al sy stadsmure afgebreek,sy vestings in puin gelê.

42. Almal wat daarlangs kom, beroof hom;die buurvolke behandel hom met minagting.

43. U het sy teëstanders laat seëvier,al sy vyande laat juig.

44. U het hom voor die vyand laat vlug,hy kon nie staande bly in die oorlog nie.

45. Aan sy koninklike luister het U 'n end gemaak,sy troon teen die grond gegooi.

46. U het sy jeugdige krag gebreeken hom diep verneder. Sela

47. Sal U dan vir altyd u hulp weerhou, Here?Sal die vuur van u gramskap dan bly brand?

48. Dink tog daaraan hoe kort die lewe is,hoe min daar in die lewe isvir al die mense wat deur U geskep is.

49. Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie,wat homself kan red uit die mag van die doderyk? Sela

50. Waar is u liefde van vroeër, Here,wat U in u trou plegtig aan Dawid belowe het?

51. Dink, Here, aan die smaad wat my aangedoen is,aan alles wat ek moes verduur van baie volke.

52. Die mense van wie hierdie smaad kom, is u vyande, Here,dit is u gesalfde vir wie hulle smaad waar hy ook gaan.