Afrikaans 1983

Psalms 89:33-43 Afrikaans 1983 (AFR83)

33. sal Ek hulle oor hulle oortreding strafen hulle oor hulle sonde met swaar slae tref.

34. Maar my liefde sal Ek van hom nie terughou nie,my trou nie verbreek nie.

35. Ek sal my verbond nie versaak nie,nie een van my beloftes terugtrek nie.

36. Ek, die Heilige, het 'n eed afgelê,en my woord aan Dawid sal Ek nie verbreek nie:

37. daar sal altyd nakomelinge van hom wees,sodat sy troon so blywend soos die son sal wees.

38. Soos die maan sal dit altyd daar wees.Solank die hemel daar is, sal dit vas bly staan.” Sela

39. Maar nou het U in u toorntog u gesalfde verstoot en verwerp.

40. U het die verbond met u dienaar nie in ag geneem nie,sy kroon tot in die grond vertrap.

41. U het al sy stadsmure afgebreek,sy vestings in puin gelê.

42. Almal wat daarlangs kom, beroof hom;die buurvolke behandel hom met minagting.

43. U het sy teëstanders laat seëvier,al sy vyande laat juig.