Afrikaans 1983

Psalms 89:25-40 Afrikaans 1983 (AFR83)

25. My trou en liefde sal by hom wees:deur My sal hy oorwin.

26. Ek sal sy heerskappy uitbrei tot oor die see,sy gesag tot oorkant die riviere.

27. Hy sal My aanroep met die woorde: ‘U is my Vader,my God, die rots wat my redding is.’

28. Ek stel hom eerste,die magtigste koning op aarde.

29. Vir altyd handhaaf Ek my trou teenoor hom;my verbond met hom staan vas.

30. Ek sal vir hom altyd nakomelinge versekersodat sy troon vas sal staan so lank daar 'n hemel is.

31. As sy nakomelinge nie handel volgens my woord nieen nie lewe volgens my bepalings nie,

32. as hulle my voorskrifte verontagsaamen my gebooie nie nakom nie,

33. sal Ek hulle oor hulle oortreding strafen hulle oor hulle sonde met swaar slae tref.

34. Maar my liefde sal Ek van hom nie terughou nie,my trou nie verbreek nie.

35. Ek sal my verbond nie versaak nie,nie een van my beloftes terugtrek nie.

36. Ek, die Heilige, het 'n eed afgelê,en my woord aan Dawid sal Ek nie verbreek nie:

37. daar sal altyd nakomelinge van hom wees,sodat sy troon so blywend soos die son sal wees.

38. Soos die maan sal dit altyd daar wees.Solank die hemel daar is, sal dit vas bly staan.” Sela

39. Maar nou het U in u toorntog u gesalfde verstoot en verwerp.

40. U het die verbond met u dienaar nie in ag geneem nie,sy kroon tot in die grond vertrap.