Afrikaans 1983

Psalms 89:10-19 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. U heers oor die onstuimige see:as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar.

11. U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan.Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag.

12. Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde,die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak.

13. Die noorde en die suide, U het dit geskep;Tabor en Hermonberg roem u Naam.

14. U het 'n magtige arm,sterk is u hand, kragtig u regterhand.

15. U troon is gebou op geregtigheid en reg,liefde en trou staan in u diens.

16. Dit gaan goed met die volkwat kan jubel tot u eer,wat in u lig lewe, Here.

17. Hulle besing u Naam die hele dag,hulle prys u reddingsdade;

18. U is die krag waarin hulle roem.Dit is ons sterkte: dat ons u guns geniet.

19. Ons koning behoort aan die Here,ja, ons beskermer behoort aan die Heilige van Israel.