Afrikaans 1983

Psalms 89:1-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Gedig van Etan die Esragiet.

2. Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade,sy trou verkondig aan komende geslagte.

3. Ek sê: “U liefde en u trou wankel nooit,dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde.”

4. U het gesê: “Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorene,Ek het 'n eed gesweer vir my dienaar Dawid:

5. Ek sal vir jou 'n nageslag verseker vir altyd en jou troon in elke geslag laat standhou.” Sela

6. Die hemel loof u wondermag, Here,die hemelinge loof u trou.

7. Wie in die hemel kan met die Here vergelyk word?Wie onder die hemelwesens is soos die Here?

8. Hy is God, vir Hom het die hemelse vergadering 'n heilige ontsag.Hy is magtig, gevrees onder almal rondom Hom.

9. Here, almagtige God, wie is soos U?U krag is groot, Here, u trou is oral!

10. U heers oor die onstuimige see:as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar.

11. U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan.Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag.

12. Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde,die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak.

13. Die noorde en die suide, U het dit geskep;Tabor en Hermonberg roem u Naam.

14. U het 'n magtige arm,sterk is u hand, kragtig u regterhand.

15. U troon is gebou op geregtigheid en reg,liefde en trou staan in u diens.

16. Dit gaan goed met die volkwat kan jubel tot u eer,wat in u lig lewe, Here.