Afrikaans 1983

Psalms 86:8-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. Daar is geen god soos U nie, Here,niks kan met u werk vergelyk word nie.

9. U het al die nasies gemaak;hulle sal voor U kom buig, Here,en aan u Naam die eer gee,

10. want U is groot en doen magtige dade,U alleen is God.

11. Leer my u pad, Here,ek wil wandel in u waarheid;leer my U met toewyding dien.

12. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God,u Naam altyd eer,

13. want u liefde vir my was groot:uit die dieptes van die dood het U my gered.

14. Dit is hovaardige mense wat my aanval, o God,'n bende geweldenaars wat my wil doodmaak,mense wat met U nie rekening hou nie.

15. U, Here, is 'n barmhartige en genadige God,lankmoedig, vol liefde en trou.