Afrikaans 1983

Psalms 86:11-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Leer my u pad, Here,ek wil wandel in u waarheid;leer my U met toewyding dien.

12. Met my hele hart sal ek U prys, Here my God,u Naam altyd eer,

13. want u liefde vir my was groot:uit die dieptes van die dood het U my gered.

14. Dit is hovaardige mense wat my aanval, o God,'n bende geweldenaars wat my wil doodmaak,mense wat met U nie rekening hou nie.

15. U, Here, is 'n barmhartige en genadige God,lankmoedig, vol liefde en trou.

16. Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan,gee U my tog krag en red my.

17. Maak my 'n voorbeeld van u goedheid,sodat dié wat my haat, verleë sal moet toesiendat U, Here, my help en vir my uitkoms gee.