Afrikaans 1983

Psalms 86:1-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Gebed van Dawid.Luister tog na my, Here, verhoor my gebed,want ek is hulpeloos en arm.

2. Beskerm my, want ek is u troue dienaar,red my, want U is my God, op U vertrou ek.

3. Wees my genadig, Here,ek roep die hele dag deur na U.

4. Maak my bly, Here,ek hunker na U.

5. U is goed, Here, U vergewe altyd weer,U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.

6. Luister na my gebed, Here,gee tog ag op my smeekgebed.

7. Op die dag van my nood roep ek na U,U sal my gebed verhoor.

8. Daar is geen god soos U nie, Here,niks kan met u werk vergelyk word nie.

9. U het al die nasies gemaak;hulle sal voor U kom buig, Here,en aan u Naam die eer gee,

10. want U is groot en doen magtige dade,U alleen is God.

11. Leer my u pad, Here,ek wil wandel in u waarheid;leer my U met toewyding dien.