Afrikaans 1983

Psalms 85:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2. U was goed vir u land, Here,U het aan die nageslag van Jakob 'n nuwe toekoms gegee;

3. U het u volk sy sonde nie toegereken nie,hom al sy skuld kwytgeskeld. Sela

4. U het u woede laat bedaar,u gloeiende toorn laat afkoel.