Afrikaans 1983

Psalms 84:10-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Sien tog om na die koning, ons beskermer, o God;hou u gesalfde onder u sorg.

11. Waarlik, één dag in u tempel is beter as duisend daarbuite.Ek staan liewer by die drumpel van die huis van my Godas om te woon in huise sonder God.

12. Die Here God is ons krag en ons beskerming,die Here gee genade en eer,Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.