Afrikaans 1983

Psalms 84:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: met musiek. Van die Koragiete. 'n Psalm.

2. Hoe lief het ek u woning, Here, Almagtige!

3. Ek versmag van verlange na die tempel van die Here;met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God.

4. Selfs 'n mossie het 'n nesen 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjiesdaar by u altare, Here, Almagtige,my Koning en my God!

5. Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is:hulle hou nie op om U te prys nie. Sela

6. Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vinden graag na u tempel toe gaan.

7. Vir hulle gaan daar fonteine oopwanneer hulle deur 'n dorre laagte treken die vroeë reëns sy seëninge bring.

8. Keer op keer ontvang hulle nuwe kragtotdat hulle voor God in Sion verskyn.

9. Here, almagtige God, hoor my gebed,luister tog, God van Jakob! Sela