Afrikaans 1983

Psalms 83:3-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Kyk hoe gaan u vyande teen U te kere,hoe verset u teëstanders hulle teen U.

4. Teen u volk smee hulle komplotte in die geheim,hulle sweer saam teen dié wat onder u beskerming staan.

5. Hulle sê: “Kom ons roei hulle uitdat hulle nie meer 'n volk is nie,dat niemand meer die naam Israel sal onthou nie.”

6. Hulle het eensgesind saamgespanen 'n verbond teen U gesluit:

7. Edom en die Ismaeliete,Moab en die Hagareërs,

8. Gebal, Ammon en Amalek,Filistea en die inwoners van Tirus.

9. Selfs Assirië het by hulle aangesluit;hulle help almal die kinders van Lot. Sela

10. Maak met hulle soos met die Midianiete,soos met Sisera,soos met Jabin by Kisonspruit.

11. Hulle is by En-Dor vernietigen hulle lyke het daar op die grond gelê en vergaan.