1. 'n Lied. 'n Psalm van Asaf.
2. Moet tog nie afsydig staan nie, o God,moet tog nie stilbly en niks doen nie!
3. Kyk hoe gaan u vyande teen U te kere,hoe verset u teëstanders hulle teen U.
4. Teen u volk smee hulle komplotte in die geheim,hulle sweer saam teen dié wat onder u beskerming staan.
5. Hulle sê: “Kom ons roei hulle uitdat hulle nie meer 'n volk is nie,dat niemand meer die naam Israel sal onthou nie.”
6. Hulle het eensgesind saamgespanen 'n verbond teen U gesluit:
7. Edom en die Ismaeliete,Moab en die Hagareërs,
8. Gebal, Ammon en Amalek,Filistea en die inwoners van Tirus.
9. Selfs Assirië het by hulle aangesluit;hulle help almal die kinders van Lot. Sela
10. Maak met hulle soos met die Midianiete,soos met Sisera,soos met Jabin by Kisonspruit.
11. Hulle is by En-Dor vernietigen hulle lyke het daar op die grond gelê en vergaan.