Afrikaans 1983

Psalms 81:5-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

5. want dit is 'n instelling vir Israel,'n verordening van die God van Jakob.

6. Hy het dit vir die nageslag van Josef as 'n dure plig opgelêtoe hulle uit Egipte weggetrek het.Wat hulle toe nog nie geweet het nie, het hulle gehoor:

7. “Ek het die swaar drag van julle skouers afgehaal,julle kon die mandjies neersit.

8. In julle nood het julle geroep en Ek het julle gered;Ek het julle uit 'n donderwolk geantwoord,julle by die waters van Meriba op die proef gestel. Sela

9. Luister, my volk, Ek gee julle 'n opdrag.Israel, luister na My:

10. ‘Daar mag vir julle geen ander god wees nie,julle mag voor geen vreemde god neerbuig nie.

11. Ek is die Here julle Godwat julle uit Egipte laat wegtrek het.Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.’

12. “Maar my volk het nie na My geluister nie,Israel wou niks met My te doen hê nie.