Afrikaans 1983

Psalms 81:12-17 Afrikaans 1983 (AFR83)

12. “Maar my volk het nie na My geluister nie,Israel wou niks met My te doen hê nie.

13. Daarom het Ek hulle laat begaan in hulle koppigheiden hulle het hulle eie sin en wil gevolg.

14. Ag, as my volk maar na My wou luister,as Israel maar my wil wou doen,

15. hoe gou sou Ek hulle vyande nie op die knieë bringen hulle teëstanders met my eie hand verslaan nie.”

16. Dié wat voorgee dat hulle die Here dien, maar Hom haat,hulle straf sal vir altyd duur.

17. Maar vir julle sal Hy voed met die beste koring,julle versadig met heuning uit 'n rots.