Afrikaans 1983

Psalms 81:11-15 Afrikaans 1983 (AFR83)

11. Ek is die Here julle Godwat julle uit Egipte laat wegtrek het.Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.’

12. “Maar my volk het nie na My geluister nie,Israel wou niks met My te doen hê nie.

13. Daarom het Ek hulle laat begaan in hulle koppigheiden hulle het hulle eie sin en wil gevolg.

14. Ag, as my volk maar na My wou luister,as Israel maar my wil wou doen,

15. hoe gou sou Ek hulle vyande nie op die knieë bringen hulle teëstanders met my eie hand verslaan nie.”