Afrikaans 1983

Psalms 80:9-18 Afrikaans 1983 (AFR83)

9. U het 'n wingerdstok in Egipte uitgehaalen dit hier kom plant nadat U die nasies uitgedrywe het.

10. U het vir hom plek reggemaak,sy wortels het gegroei en hy het die land ingeneem.

11. Sy skaduwee het die berge oordek,sy ranke die magtige seders.

12. Hy het sy ranke uitgestoot tot by die see,sy lote tot by die Eufraat.

13. Waarom het U die mure om hom afgebreek?Al die verbygangers stroop hom,

14. die wildevark uit die bos verwoes hom,gediertes uit die veld vreet hom op.

15. Almagtige God, kyk tog uit die hemel afen ontferm U weer oor hierdie wingerdstok,neem hom weer onder u sorg.

16. Hou in stand wat U met u eie hand geplant het,die wingerdstok wat U vir Uself gekweek het!

17. Laat dié wat hom soos onkruid verbrand het,deur u oordeel te gronde gaan.

18. Hou u hand oor die mense wat deur U uitgekies is,oor die volk wat U vir U grootgemaak het.