Afrikaans 1983

Psalms 80:2-11 Afrikaans 1983 (AFR83)

2. Luister tog, Herder van Israel,U wat die nageslag van Josef soos 'n kudde lei;U wat oor die gerubs troon, verskyn tog aan ons!

3. Openbaar u mag aan die stamme Efraim, Benjamin en Manasse,kom help ons tog!

4. Laat dit weer met ons goed gaan, o God,verskyn tog tot ons redding!

5. Here, almagtige God,hoe lank nog sal U afsydig staanteenoor die gebed van u volk?

6. U het aan ons trane vir kos gegeeen ons 'n beker vol verdriet laat drink.

7. U laat ons bure teen ons veg,en ons vyande lag oor ons.

8. Almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan,verskyn tog tot ons redding!

9. U het 'n wingerdstok in Egipte uitgehaalen dit hier kom plant nadat U die nasies uitgedrywe het.

10. U het vir hom plek reggemaak,sy wortels het gegroei en hy het die land ingeneem.

11. Sy skaduwee het die berge oordek,sy ranke die magtige seders.