Afrikaans 1983

Psalms 8:3-6 Afrikaans 1983 (AFR83)

3. Kinders en suigelinge besing die magtige werkwat U tot stand gebring het.So word u teëstanders,die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.

4. As ek u hemel aanskou,die werk van u vingers,die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,

5. wat is die mens dandat U aan hom dink,die mensekind dat U na hom omsien?

6. U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaaken hom met aansien en eer gekroon,