Afrikaans 1983

Psalms 8:1-4 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid.

2. Here, ons Here,hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde,hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het!

3. Kinders en suigelinge besing die magtige werkwat U tot stand gebring het.So word u teëstanders,die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring.

4. As ek u hemel aanskou,die werk van u vingers,die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het,