Afrikaans 1983

Psalms 79:10-13 Afrikaans 1983 (AFR83)

10. Waarom moet die heidene sê:“Waar is hulle God nou?”Laat ons aanskou hoe u straf die heidene trefoor die bloed van u dienaars wat vergiet is.

11. Slaan tog ag op die gesug van die gevangenes.Red deur u groot mag dié wat met die dood bedreig word.

12. Betaal ons bure dubbel en dwars terug, Here,vir die bespotting wat U van hulle moes verduur.

13. Ons, u volk en u kudde, sal U altyd loof,van geslag tot geslag sal ons van u roemryke dade vertel.