Afrikaans 1983

Psalms 79:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. 'n Psalm van Asaf.Heidene het u land binnegedring, o God,hulle het u heilige tempel ontwyen Jerusalem in puin gelê.

2. Hulle het die lyke van u dienaarsaan die voëls gegee om te vreet,die vleis van u troue dienaars aan die wilde diere.

3. Hulle het die bloed van u dienaarsrondom Jerusalem laat vloei soos water.Niemand het hulle begrawe nie.

4. Ons het 'n bespotting vir ons buurvolke geword,ons word gespot en uitgejou deur almal rondom ons.

5. Hoe lank sal dit nog aanhou, Here?Sal u toorn dan vir altyd duur,u woede soos 'n vuur bly brand?

6. Laat u gramskap die heidene tref: hulle dien U nie;laat dit die koninkryke tref wat u Naam nie aanroep nie.

7. Dit is hulle wat vir Jakob tot niet gemaaken sy woonplek verwoes het.

8. Moet tog nie die ongeregtighede van vorige geslagteop ons laat neerkom nie,ontferm U tog gou oor ons,want ons kragte is gedaan.

9. Help ons, o God, ons Redder,ter wille van die eer van u Naam,red ons, vergewe ons ons sondestot die eer van u Naam.