Afrikaans 1983

Psalms 78:65-72 Afrikaans 1983 (AFR83)

65. Daarna het die Here weer ingegryp.Dit was asof Hy geslaap het,soos iemand wat in 'n roes was en nou wakker geword het.

66. Hy het sy vyande teruggedryfen hulle vir altyd 'n eerlose neerlaag laat ly.

67. Hy het die geslag van Josef verwerpen teen die stam Efraim gekies.

68. Hy het die stam Juda verkies,Sionsberg wat Hy liefhet.

69. Hy het sy heiligdom hemelhoog gebouen dit soos die aarde vir altyd vas laat staan.

70. Hy het Dawid as sy dienaar gekiesen hom van die skaapkrale af weggeneem.

71. Agter die lammerooie het Hy hom weggehaalom sy volk Jakob, sy eiendom Israel, te versorg.

72. Dawid het die volk met toewyding versorgen hulle met oorleg gelei.