Afrikaans 1983

Psalms 78:48-64 Afrikaans 1983 (AFR83)

48. Hy het hulle vee aan die hael oorgegee,hulle kuddes aan die weerligstrale;

49. Hy het sy gloeiende toorn op hulle losgelaat:gramskap, woede en rampe,'n hele vrag onheil;

50. Hy het sy toorn vrye loop gegee,hulle lewens nie gespaar nieen hulle aan die pes uitgelewer;

51. Hy het al die eersgeborenes van die Egiptenaars getref,die eerstelinge in die wonings van Gam.

52. Maar sy eie volk het Hy uitgeleien hulle soos 'n kudde skape deur die woestyn laat trek.

53. Vir hulle het Hy veilig gelei, en hulle was nie bang nie,maar hulle vyande, dié is deur die see oorweldig.

54. Hy het sy volk gebring na die gebied wat Hy afgesonder het,na die bergland wat Hy deur sy mag verower het.

55. Hy het nasies voor sy volk uit verdryfen aan sy volk 'n land as besitting gegee.Hy het daardie nasies se woonplekke aan die stamme van Israel gegee.

56. Maar hulle het God die Allerhoogste getarten teen Hom in opstand gekom.Hulle was nie aan sy gebooie gehoorsaam nie.

57. Net soos hulle voorvaders was hulle afvallig en ontrou,so vals soos 'n onbetroubare wapen.

58. Hulle het Hom vertoorn met hulle afgodsdiens op die hoogtesen Hom uitgetart met hulle gesnede beelde.

59. Toe God dit sien, het Hy kwaad geworden Israel verwerp.

60. Hy het die tabernakel in Silo verwoes,die tent waarin Hy onder die mense gewoon het.

61. Hy het die volk wat Hy deur sy mag verower het,in ballingskap weggestuur,sy uitverkore volk in die mag van die vyand gegee.

62. Hy het sy volk aan die swaard oorgegee,kwaad geword vir dié wat aan Hom behoort.

63. Die jongmanne het in die vuur omgekom:daar is nie meer huweliksliedere vir die jongmeisies gesing nie.

64. Die priesters het deur die swaard gesterf,die weduwees het nie kans gekry om hulle mans te begrawe nie.