Afrikaans 1983

Psalms 78:42-54 Afrikaans 1983 (AFR83)

42. Hulle het nie aan sy mag gedink nie,aan die dag waarop Hy hulle van die vyand verlos het nie:

43. Hy het in Egipte sy magtige dade gedoen,sy wonders in die veld by Soan;

44. Hy het hulle riviere in bloed verandersodat hulle nie uit hulle waterstrome kon drink nie;

45. Hy het swerms muggies tussen hulle ingestuurwat nie opgehou het met byt nie;ook paddas,en dié het die lewe vir hulle ondraaglik gemaak;

46. Hy het hulle oes aan sprinkaanswerms gegee,die vrug van hulle arbeid laat afvreet;

47. Hy het hulle wingerde deur die hael laat wegslaan,hulle wildevyebome laat versuip;

48. Hy het hulle vee aan die hael oorgegee,hulle kuddes aan die weerligstrale;

49. Hy het sy gloeiende toorn op hulle losgelaat:gramskap, woede en rampe,'n hele vrag onheil;

50. Hy het sy toorn vrye loop gegee,hulle lewens nie gespaar nieen hulle aan die pes uitgelewer;

51. Hy het al die eersgeborenes van die Egiptenaars getref,die eerstelinge in die wonings van Gam.

52. Maar sy eie volk het Hy uitgeleien hulle soos 'n kudde skape deur die woestyn laat trek.

53. Vir hulle het Hy veilig gelei, en hulle was nie bang nie,maar hulle vyande, dié is deur die see oorweldig.

54. Hy het sy volk gebring na die gebied wat Hy afgesonder het,na die bergland wat Hy deur sy mag verower het.