Afrikaans 1983

Psalms 78:35-47 Afrikaans 1983 (AFR83)

35. Hulle het bely dat God hulle rots,dat die Allerhoogste hulle verlosser is.

36. Maar hulle was vals teenoor Hom,hulle was nie opreg in wat hulle gesê het nie,

37. hulle was ontrou aan Hom,hulle het hulle nie aan sy verbond gehou nie.

38. Maar Hy is genadig, Hy vergewe sonde,Hy wis sy volk nie uit nie.Dikwels het Hy sy toorn bedwingen sy gramskap nie laat losbreek nie.

39. Hy het daaraan gedink dat hulle maar mense is,wind wat verbywaai en nie terugkom nie.

40. Hoe dikwels was hulle in die woestyn opstandig teen Homen het hulle Hom daar in die barre wêreld bedroef!

41. Oor en oor het hulle God getarten het hulle optrede die Heilige van Israel gegrief.

42. Hulle het nie aan sy mag gedink nie,aan die dag waarop Hy hulle van die vyand verlos het nie:

43. Hy het in Egipte sy magtige dade gedoen,sy wonders in die veld by Soan;

44. Hy het hulle riviere in bloed verandersodat hulle nie uit hulle waterstrome kon drink nie;

45. Hy het swerms muggies tussen hulle ingestuurwat nie opgehou het met byt nie;ook paddas,en dié het die lewe vir hulle ondraaglik gemaak;

46. Hy het hulle oes aan sprinkaanswerms gegee,die vrug van hulle arbeid laat afvreet;

47. Hy het hulle wingerde deur die hael laat wegslaan,hulle wildevyebome laat versuip;