Afrikaans 1983

Psalms 78:30-37 Afrikaans 1983 (AFR83)

30. Maar hulle gulsigheid het geen perke geken nie.Hulle kos was nog so in hulle mond,

31. toe tref die toorn van God hulle.Hy het 'n slagting onder die grotes aangerig,die keur van Israel laat omkom.

32. Tog het hulle bly sondigen sy wonderdade het vir hulle niks gesê nie.

33. Daarom het Hy hulle hulle dae vrugteloos laat deurbringen hulle jare vol kommer.

34. Elke keer as God 'n slagting onder hulle aangerig het,het hulle na sy wil gevra,hulle bekeer en na Hom toe gekom.

35. Hulle het bely dat God hulle rots,dat die Allerhoogste hulle verlosser is.

36. Maar hulle was vals teenoor Hom,hulle was nie opreg in wat hulle gesê het nie,

37. hulle was ontrou aan Hom,hulle het hulle nie aan sy verbond gehou nie.