Afrikaans 1983

Psalms 78:26-32 Afrikaans 1983 (AFR83)

26. Hy het die oostewind laat opsteeken deur sy krag die suidewind laat waai.

27. Soos sandkorrels, so baie voëls het Hy op hulle laat reën,voëls so volop soos die sand van die see.

28. Hy het dit in die kamprondom hulle tente laat val.

29. Hulle het geëet, meer as genoeg,Hy het vir hulle gegee wat hulle gevra het.

30. Maar hulle gulsigheid het geen perke geken nie.Hulle kos was nog so in hulle mond,

31. toe tref die toorn van God hulle.Hy het 'n slagting onder die grotes aangerig,die keur van Israel laat omkom.

32. Tog het hulle bly sondigen sy wonderdade het vir hulle niks gesê nie.