Afrikaans 1983

Psalms 78:23-35 Afrikaans 1983 (AFR83)

23. Hy het die wolke daarbo gebieden die deure van die hemel oopgemaak:

24. Hy het manna op hulle laat reën,uit die hemel kos aan hulle gegee om te eet.

25. Van hierdie brood uit die hemel het elkeen geëet.God het vir hulle oorgenoeg kos gestuur.

26. Hy het die oostewind laat opsteeken deur sy krag die suidewind laat waai.

27. Soos sandkorrels, so baie voëls het Hy op hulle laat reën,voëls so volop soos die sand van die see.

28. Hy het dit in die kamprondom hulle tente laat val.

29. Hulle het geëet, meer as genoeg,Hy het vir hulle gegee wat hulle gevra het.

30. Maar hulle gulsigheid het geen perke geken nie.Hulle kos was nog so in hulle mond,

31. toe tref die toorn van God hulle.Hy het 'n slagting onder die grotes aangerig,die keur van Israel laat omkom.

32. Tog het hulle bly sondigen sy wonderdade het vir hulle niks gesê nie.

33. Daarom het Hy hulle hulle dae vrugteloos laat deurbringen hulle jare vol kommer.

34. Elke keer as God 'n slagting onder hulle aangerig het,het hulle na sy wil gevra,hulle bekeer en na Hom toe gekom.

35. Hulle het bely dat God hulle rots,dat die Allerhoogste hulle verlosser is.