Afrikaans 1983

Psalms 78:17-22 Afrikaans 1983 (AFR83)

17. Maar hulle het aangehou om teen Hom te sondig;in die woestyn het hulle teen die Allerhoogste in opstand gekom.

18. Hulle het God getarttoe hulle kos gevra het na eie smaak

19. en God uitgedaag het:“Kan God hier in die woestyn kos gee?

20. Hy het wel teen 'n rots laat slaanen die waters het gevloei,spruite het gestroom;maar sou Hy ook brood kon geeen vleis aan sy volk kon voorsit?”

21. Toe die Here dit hoor,het Hy kwaad geword;Hy het 'n vuur teen Jakob laat ontbrand,teen Israel sy toorn laat woed

22. omdat hulle nie op God vertrou heten op sy hulp staat gemaak het nie.