Afrikaans 1983

Psalms 77:8-16 Afrikaans 1983 (AFR83)

8. “Sal die Here vir altyd verstooten nooit weer genade betoon nie?

9. Het daar vir altyd 'n einde gekom aan sy trou?Geld sy beloftes dan glad nie meer nie?

10. Het God vergeet om medelye te hê?Het Hy in sy toornsy ontferming onttrek?” Sela

11. En ek sê:“My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.”

12. Ek wil dink aan die dade van die Here,ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.

13. Ek wil nadink oor al u werken oor al u dade peins.

14. Alles wat U doen, is heilig, o God.Waar is 'n god so groot soos God?

15. U is die God wat wonderdade doen;U het u mag onder die volke geopenbaar.

16. U het u volk deur u krag gered,die kinders van Jakob en Josef. Sela