Afrikaans 1983

Psalms 77:16-20 Afrikaans 1983 (AFR83)

16. U het u volk deur u krag gered,die kinders van Jakob en Josef. Sela

17. Toe die waters U sien, o God,toe die waters U sien, het hulle gebewe,die diep waters het gesidder.

18. Die wolke het water uitgegiet,uit die donderwolke het dit gedreun,u weerligte het in alle rigtings geblits.

19. U donderslae het die lugruim gevul,weerligstrale het die wêreld verlig,die aarde het geskud en gebewe.

20. U het deur die see gekom,u weg deur magtige waters gebaan.Niemand het u spoor gesien nie.