Afrikaans 1983

Psalms 77:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier. Ter herinnering. Van Asaf. 'n Psalm.

2. Ek roep na God om hulp,ek roep na God, want Hy sal my hoor.

3. In my nood soek ek hulp by die Here;ook in die nag bly my hande in gebed uitgestreksonder om moeg te word;maar ek vind geen troos nie.

4. Ek dink aan God en ek sug,ek dink na en ek is verslae. Sela

5. U laat my wakker lê,ontsteld en sprakeloos.