Afrikaans 1983

Psalms 76:1-9 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

2. God het Hom in Juda bekend gemaak,sy Naam is groot in Israel;

3. sy tuiste is in Salem, sy woning op Sion.

4. Daar het Hy die brandpyle, die skild en die swaard vernietig,die aanval van die vyand afgeslaan. Sela

5. Die glans waarmee U verskyn het,was skitterender as dié op die hoogste berge.

6. Die dapper soldate van die vyandis in hulle slaap oorval en geplunder;nie een van die krygsmanne kon 'n hand oplig nie.

7. Toe U ingegryp het, God van Jakob,was strydwa en perd daarmee heen.

8. As u toorn ontbrand,laat U die mens sidder en beef.Wie kan dan voor U staan?

9. Uit die hemel het U u uitspraak bekend gemaak.Die mensdom het bang geword en stilgebly