Afrikaans 1983

Psalms 76:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Vir die koorleier: met snarespel. 'n Psalm van Asaf. 'n Lied.

2. God het Hom in Juda bekend gemaak,sy Naam is groot in Israel;

3. sy tuiste is in Salem, sy woning op Sion.

4. Daar het Hy die brandpyle, die skild en die swaard vernietig,die aanval van die vyand afgeslaan. Sela

5. Die glans waarmee U verskyn het,was skitterender as dié op die hoogste berge.

6. Die dapper soldate van die vyandis in hulle slaap oorval en geplunder;nie een van die krygsmanne kon 'n hand oplig nie.

7. Toe U ingegryp het, God van Jakob,was strydwa en perd daarmee heen.

8. As u toorn ontbrand,laat U die mens sidder en beef.Wie kan dan voor U staan?

9. Uit die hemel het U u uitspraak bekend gemaak.Die mensdom het bang geword en stilgebly

10. toe God gekom het om te oordeel,om al die hulpeloses op die aarde te red. Sela

11. Ook die woede van 'n mens dien u lof,selfs die laaste reste van die woedegebruik U in u diens.

12. Bring aan die Here julle God die dankofferswat julle belowe het!Almal rondom Hom moet geskenke bring vir die Ontsagwekkende,