Afrikaans 1983

Psalms 74:13-23 Afrikaans 1983 (AFR83)

13. Dit is U wat deur u mag die see onstuimig gemaak het,U wat die koppe van die monsters in die see vermorsel het.

14. U wat die koppe van die Leviatan verpletter heten hom vir die haaie gegee het,

15. U wat fontein en stroom laat uitbreek het,U wat standhoudende riviere laat opdroog het.

16. Dit is U aan wie dag en nag behoort,U wat aan die son en die maan hulle plek gegee het,

17. U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het;somer en winter is die werk van u hand.

18. Dink tog hieraan: die vyand spot met U, Here,'n barbaarse volk belaster u Naam.

19. Moet tog nie dié wat deur U onderrig is,aan hierdie ondiere uitlewer nie,moet tog nie u verdrukte volk vir goed vergeet nie!

20. Dink tog aan u verbond,want selfs in die uithoeke van die land is daar verdrukking.

21. Moenie dat die verdrukte teleurgestel omdraai nie,red die hulpelose en die arme, laat hulle u Naam prys.

22. Kom tog, o God! Laat geld tog u reg.Dink tog daaraan hoe u eerdag vir dag deur barbare geskend word.

23. Moet dit tog nie ongemerk laat verbygaan nie:die geskreeu van u teëstanders,die aanhoudende rumoer van u vyande.