10. Hoe lank, o God, sal ons teëstanders ons nog verneder?Sal die vyand u Naam vir altyd bly belaster?
11. Waarom help U ons nie?Waarom lig U nie u hand op en vernietig die vyand nie?
12. God is van altyd af my koning,dit is Hy wat op die aarde redding bring.
13. Dit is U wat deur u mag die see onstuimig gemaak het,U wat die koppe van die monsters in die see vermorsel het.
14. U wat die koppe van die Leviatan verpletter heten hom vir die haaie gegee het,
15. U wat fontein en stroom laat uitbreek het,U wat standhoudende riviere laat opdroog het.
16. Dit is U aan wie dag en nag behoort,U wat aan die son en die maan hulle plek gegee het,
17. U wat al die seisoene van die aarde vasgestel het;somer en winter is die werk van u hand.